Wildswinkel 4.69

4.9 star(s) from 26 votes
Zwartkloof Game Reserve, 12km outside Bela-Bela
Bela-Bela,
South Africa

About Wildswinkel

Wildswinkel Wildswinkel is a well known place listed as Farming/agriculture in Bela-Bela ,

Contact Details & Working Hours

Details

Wildswinkel is ’n unieke nuwe toetreder tot die wildmark. Ons tree op as jou agent en het ’n verskeidenheid wild te koop. Ons kan jou wild namens jou bemark.

Dienste

Ons tree op as jou agent

• Volledige begin-tot-einde proses
• Toegang tot baie uitgesoekte kopers
• Bedinging vir die beste pryse
• Moderne bemarking en reklamedienste

Verkopers

• Ons koop jou wild direk by jou
• Ons bemark jou wild namens jou teen ’n kommissie

Kopers

• Ons het ’n wye verskeidenheid wild te koop
• Ons het toegang tot top genetika

Ondersteuningsdienste

• Etiese vang, hantering en vervoer van wild
• Permitte
• Veeartsdienste
• Versekering

Wie ons is

Wildswinkel se aandeelhouers is almal gevestigde wildboere.

Ons is deel van die bedryf in murg en been. Die hoofdoelwit met die skepping van Wildswinkel is om ’n positiewe bydrae tot die opheffing van die wildbedryf in geheel te lewer.

Lood Bester

Lood tree op as die operasionele leier van Wildswinkel.

Wiaan van der Linde

Wiaan is ’n wildkenner en hanteer die Noord-Kaap streek.

Louis van der Watt

Louis hou sy oog op tendense in die mark en maak seker ons finansies klop.

Arnold Neethling

In die Wes-Kaap hanteer Arnold Wildswinkel se sake.

Jan Morgan

Ons hoofkantoor by Bela-Bela is op Jan se plaas Zwartkloof geleë.