Leermeester Klerksdorp 2.06

Klerksdorp, 2570
South Africa

About Leermeester Klerksdorp

Leermeester Klerksdorp Leermeester Klerksdorp is a well known place listed as Education in Klerksdorp ,

Contact Details & Working Hours

Details

Gee u kind vandag nog die voorsprong bo ander!!! Die eksamen lê voor die deur, en menigte kind en ouer moet saam stoei om al die opsommings te maak, sodat die kinders kan leer. Stresvlakke hardloop hoog, en daar is net nie genoeg ure in ‘n dag om alles gedoen te kry nie!

Meeste ouers het ‘n voldag beroep, en die kinders se buitemuurse aktiwiteite neem ook heelwat tyd in beslag. Dit beteken dan dat die ouers en kinders soms tot laat saans moet opsommings doen, om te kan leer. Kinders kry dan nie genoeg slaap in voor die eksamen nie, en mens verstaan nie waarom die kind nie na wense presteer nie, want hulle het tog tot laatnag geleer!

Hier by Leermeester wil ons u en u kind graag help. Ons maak die opsommings uit u kind se handboek, en stel ook toetsvraestelle op, met ‘n memorandum om dit te kan kontroleer, sodat u kind makliker kan leer, en ook sy/haar kennis kan toets met die vraestel. Dit spaar u baie tyd en moeite, en u kind kan op sy/haar eie aangaan, sonder dat u hul hoef te help.