Laerskool Krugersdorp-Noord / Noordskool 4.38

4.8 star(s) from 18 votes
H/V Buiten- en Derdestraat
Krugersdorp, 1739
South Africa

About Laerskool Krugersdorp-Noord / Noordskool

Laerskool Krugersdorp-Noord / Noordskool Laerskool Krugersdorp-Noord / Noordskool is a well known place listed as School in Krugersdorp ,

Contact Details & Working Hours

Details

Laerskool Krugersdorp-Noord is al reeds sedert 1919 deel van die Krugersdorpse gemeenskap. Ons is 'n Afrikaanse skool wat Christelike beginsels, waardes en norme navolg. Ons is ten volle verbind tot die verskaffing van dinamiese Christelike- en moedertaalonderrig van uitnemende kwaliteit aan ons kinders binne ons gemeenskap. Ons tree op in venootskap met ons ouers deur middel van kostedoeltreffende benutting van alle hulpbronne en selfverwesenliking van al ons personeel.

Dit is vir ons 'n uitdaging om ons kinders die vaardighede aan te leer om die potensiaal in geleenthede raak te sien. Ons bied die geleentheid vir elke kind om sy/haar talente te ontwikkel, maar ook om kernwaardes te vorm.

By Laerskool Krugersdorp-Noord is elke kind vir ons belangrik en ontwikkel ons die kind se volle menswees. Akademie bly vir ons baie belangrik en daarom ondergaan personeel deurlopend opleiding om hulle kennis verder uit te brei. Ons het 'n personeelkorps wat met passie en genot hul roeping elke dag uitleef.

Van die belangrikste aspekte by ons skool is dat ons bevoorreg is om sekerlik die mees gelukkige leerders en 'n betrokke ouergemeenskap besit.

Ons nooi u graag om deel te word van Laerskool Krugersdorp-Noord.