Wes-Kaap Veteraan Trekker en Enjinklub 2.87

4.6 star(s) from 9 votes
Ceres, 6835
South Africa

About Wes-Kaap Veteraan Trekker en Enjinklub

Wes-Kaap Veteraan Trekker en Enjinklub Wes-Kaap Veteraan Trekker en Enjinklub is a well known place listed as Non-profit Organization in Ceres , History Museum in Ceres , Farm in Ceres ,

Contact Details & Working Hours

Details

Die Wes-Kaapse klub is in Oktober 1992 op Villiersdorp gestig as ‘n Wes-Kaapse tak van die destydse Vintage Tractor & Engine Club of South Africa.

Op daardie stadium was daar reeds ‘n paar takke elders in die land. Met die totstandkoming van SAVTEK as ‘n federasie het die Wes-Kaap saam met die ander takke hulself volgens die nuwe grondwet in klubs getransformeer.
Die eerste voorsitter was Petrus Roux van Villiersdorp. Daarna was dit Christie Maree (Ceres), Pierre Rossouw (Piketberg), Gideon Bruwer (Worcester) en Eniel Viljoen (Villiersdorp) wat die leiding van hierdie dinamiese klub geneem het.

Komiteelede en versamelaars uit die Wes-Kaap was uit die staanspoor op nasionale vlak by vergaderings en skoue betrokke. Twee keer op Clocolan (vóór SAVTEK) en by SAVTEK se nasionale skoue op Nottingham Road (‘03), Villiersdorp (‘05) en Cradock (‘07) het Wes-Kaapse klublede die Trekker van die Skou ingeskryf. Kobus Groenewald van Stilbaai het die sonderlinge prestasie behaal deur op drie agtereenvolgende nasionale skoue as die beste restoureerder van trekkers in die land aangewys te word.

Die Wes-Kaapse klub verteenwoordig die ganse provinsie. Om die groot afstande te oorkom, het lede hulself in verskillende sentra in s.g. kleinklubs (takke) georganiseer, elk met ‘n eie jaarpprogram. Die jaarlikse skou is egter die geleentheid vir al die nagenoeg 370 lede om bymekaar te kom om die bestes in die verskillende afdelings aan te wys en mekaar se gereedskap te leer ken. Die skouprogram word opgestel dat lede die bymekaarkom moet geniet en dat hulle geleentheid kan kry om hul vaardighede aan besoekers bekend te stel.

Die skou, die Landbou-veterane-expo genoem, word elke tweede jaar in Augustus op Villiersdorp gehou. In die tussenjare word sentra waar daar ‘n konsentrasie van lede woon, gekies. Die drie afdelings waarin meegeding word, is trekkers, stilstaande enjins en voertuie.

Maar vir die Wes-Kaap gaan dit nie om meeding alleen nie – die plesier van die lede wat met hul veterane opdaag, word voorop gestel. Lede kry die geleentheid om so veel as moontlik rond te ry, te ploeg en te demonstreer. En mekaar se geselskap te geniet. Hierdie beleid het dan ook tot gevolg dat besoekers ook die expo’s geniet, vandaar die groot getalle besoekers wat gereeld opdaag.

SAVTEK se tweede nasionale skou (Aug. ‘05, Villiersdorp) was die geleentheid vir die tweede grootste saamtrek van veteraantrekkers tot nog in die land. By dié geleentheid is 300 trekkers, 80 stilstaande enjins en 20 lorries ingeskryf. Sandstone se 740 trekkers in ‘02 was die grootste. Villiersdorp, die dorp waar die klub in 1992 gestig is en waar die plaaslike lede ‘n museum opgerig het, word algemeen as die hoofsentrum van die Wes-Kaapse Veteraan-trekker-en-enjinklub beskou.