Volhoubare Energie Koöperasie - V E K 2.52

5 star(s) from 8 votes
Orania, 8752
South Africa

About Volhoubare Energie Koöperasie - V E K

Volhoubare Energie Koöperasie - V E K Volhoubare Energie Koöperasie - V E K is a well known place listed as Community Organization in Orania , Energy/utility in Orania ,

Contact Details & Working Hours

Details


Vir die ekonomies lewensvatbare vestiging en bemagtiging van Afrikaners en h">PRAKTIESE DOELWITTE KOöPERASIE /
PLAN VAN AKSIE KOöPERASIE

Die doelstellings van die Koöperasie is in breë trekke die volgende volgens die grondwet:
a) Die doel van VEK is om die ekonomies lewensvatbare vestiging en bemagtiging
van Afrikaners en hulle kultuur hoofsaaklik in die Noord-Wes-Kaap Streek, deur
te fokus op die besigheid en tegnologie van volhoubare energie, en om daardeur
werksgeleenthede, energie-sekuriteit en onafhanklikheid te skep.
In kort is die praktiese doelwitte van die koöperasie die opwekking van krag vir Orania en
moontlik elders waar die kundigheid benut kan word, deur die volgende in fases te doen en
volgens die lysie se prioriteite – sommiges sal gelyktydig loop:
WAT GAAN KOöPERASIE DOEN?
1. Klein stelsels beplan en installeer vir Huise en Besighede
1. Netwerkgekoppelde stelsels – as te veel krag opgewek word, word dit terug in die
dorp se netwerk gesit en gaan dit af vna jou krag wat jy by die dorp gebruik.
2. Beurtkrag – stelsel of batterye om mens deur beurtkrag se tye te help.
3. Eilandstelsels – heeltemal los van dorp se netwerk, kan nie as jy te veel krag
opwek, dit weer in netwerk plaas vir dorpsgebruik nie
4. Rugsteun sonder PV-sonpanele – met ander woorde batterye wat deur krag
gelaai word in goedkooptye.
2. Groter stelsels - moontlikhede ondersoek en in werking stel:
1. Sonplaas (reeds ander in dorp wat dit beplan).
2. Biogas by rioolplaas.
3. Hidrokrag deur vloei van rivier te gebruik. Verskeie ondersoeke al gedoen in die
verband.
4. Windkrag benutting en nuwer tegnologie-opsies ondersoek:
1. Daar was reeds windmetings oor 2jaar gedoen en daar is bevind dat dit nie
ekonomies is nie.
2. Maar daar is tans al nuwe windkragopwekkers wat met baie lae spoed wel
goeie krag kan opwek.
3. Stoor van krag - moontlikhede ondersoek en in werking stel:
1. Hidro-stoor-meganisme in kombinasie met damme ondersoek.
2. Waterstof
3. Saamgeperste lug
4. Batterye