CWTLM - Siele Fabriek 2.31

5 star(s) from 1 votes
Dirk Smit Industriële Park, Eenheid 25, Jakaranda Straat 14, Hennopspark x35
Centurion, 0157
South Africa

About CWTLM - Siele Fabriek

Contact Details & Working Hours

Details

Christus die Weg, Waarheid en Lewe bediening is ‘n bediening waar Christus die middelpunt is waarom die bediening funksioneer.

Die bediening is geskoei op Johannes 14:6 waar Jesus aan die dissipels sê dat Hy die Weg die Waarheid en die Lewe is en dat niemand na die Vader kan kom behalwe deur Hom nie. Ons staan vas op die Woord en glo dat Jesus Christus die enigste manier is om by die Vader YHWH uit te kom.

Die bediening het ontstaan nadat ek deur die Heilige Gees geroep is om ‘n bediening te vestig waar ons net weer na God se waarheid sal terugkeer. Waar ons Hom in gees en in waarheid sal dien, en slegs die Woord as maatstaf vir ons lewens sal gebruik. Ons, poog om ‘n plek sal skep waar mense werklik die liefde van Christus sal ervaar en welkom sal voel tussen mede gelowiges. Waar ons as die kerk Hom sal dien, loof en eer. Ons gebed is dat hierdie bediening ‘n plek sal wees waar ons die werking van die Heilige Gees sal ervaar en niks sal doen as ons God nie eers in elke saak ken nie.