Safariland Christelik Pre-primêr 2.7

98 Albertstraat, Weltevredenpark
Roodepoort, 1709
South Africa

About Safariland Christelik Pre-primêr

Safariland Christelik Pre-primêr Safariland Christelik Pre-primêr is a well known place listed as Elementary School in Roodepoort , Preschool in Roodepoort ,

Contact Details & Working Hours

Details

Safariland Pre-primêr is `n Christelik Afrikaanse kleuterskool geleë in `n parklike omgewing in Weltevredenpark. Ons skool is 2.7 km geleë van die gewilde Laerskool Fairland. Ons bied `n halfdag- en voldagprogram aan. Ons voertaal is Afrikaans en ons leef ons Christelike beginsels ten volle uit in die klaskamers en ook op die terrein.


Ons missie is om `n stewige fondament in elke kleuter se lewe te vestig wat sal dien as `n gesonde vertrekpunt vir die kleuter se lewe vorentoe!


Ons skool bestaan uit 8 klassies waarvan die ouderdomme wissel vanaf 15 maande tot en met 5 jaar oud. Ons bied `n interessante program aan wat `n goeie balans handhaaf tussen buite en binnespel. Die personeel van Safariland is passievol oor hulle beroep en beskik oor die gepaste vaardighede om u kleuter te onderrig.


Die groot speelterrein is ontwikkel vir die kleuters om hulle self te geniet en terselfdertyd die kleuters se groot motoriese vaardighede te verskerp. Ons beskik oor `n permanente veiligheidswag verskaf deur Interactive Security.