Primêre Meisieskool Oranje 3.65

5 star(s) from 14 votes
99 Aliwal Street
Bloemfontein, 9301
South Africa

About Primêre Meisieskool Oranje

Primêre Meisieskool Oranje Primêre Meisieskool Oranje is a well known place listed as School in Bloemfontein , Elementary School in Bloemfontein , Middle School in Bloemfontein ,

Contact Details & Working Hours

Details

Hartlik welkom by Oranje Primêr. Ons is 'n trotse skool met 'n trotse tradisie en soos een groot familie waar elke dogter vir ons baie spesiaal is! Dit is die begin van 'n wonderlike fase in jou lewe!

Dit is ons strewe om hier by die primêre skool geleenthede vir ons dogters te skep en te belê in 'n leerruimte waarin hulle veilig voel en met vertoue kan ontwikkel tot hul volle potensiaal.

Soos in Pres. M.T. Steyn, stigter van ons skool, se woorde, gee ons die dogters: godsdiens, eerbied en geloof in die goeie, die edele en die heilige en sy staan so vas soos 'n rots. Sy sal, as die geleentheid hom voordoen, 'n heldin word.


Naam van die skool

Koningin Wilhelmina van Nederland het die meeste fondse bewillig vir die stigting van Oranje Meisieskool. Daarom is die skool na die jonge Vorstin van Oranje vernoem.


Skoolwapen

‘n Geruime tyd na die stigting van die skool, het daar ‘n behoefte ontstaan vir ‘n skoolwapen.
Die gedagte het weer ontstaan om die wapen van die vorstehuis van Oranje te gebruik, maar koningin Wilhelmina het dit beleefd en vriendelik geweier.
Die president en sy vrou gee toe aan Oranje die familiewapen van die Steyns, afkomstig uit Haarlem, Holland.
Die leuse is “Vooruit”, waarvan die drie eendjies die simboliese betekenis daarvan dra.


Skoollied

Die skoollied is geskryf deur Oranje se eerste skoolhoof, Mej. E le Roux en getoonset deur C Combrink.

Driewerf gegroet onze hulde Oranje!
Hier wordt gekweekt zo’t verstand als de ziel.
Hier zijn wij samen om kennis te garen,
Ach of op ons ook haar lichtstraal eens viel.
O Alma Mater wij dienen u williglik,
U leven wij, u geven wij
Ons lief’d en kracht met heel ons hart.


Geskiedenis van Oranje

Na die terugkeer van Pres. Steyn uit Europa in 1905, was hy meer as ooit tevore besiel met die ideaal van ‘n verenigde Suid-Afrika.
Die president het geglo dat die doeltreffendste wyse waarop hy dit doen, die onderwys is. Opvoeding en onderwys was sy lewenstaak, want vandag se kinders is môre se toekoms.
Vir die stigting van die skool, het Pres. Steyn finansiële steun ontvang van die NG Kerk, asook uit die buiteland. Bekende Boereleiers het in Europa geld ingesamel vir die skool. In ‘n brief aan koningin Wilhelmina, skryf Mev. Steyn dat Nederland die grootste finansiële bydrae gelewer het vir die totstandkoming van die skool.

Op 11 April 1907 kon die eerste klasse ‘n aanvang neem. Die leerlinge moes geleer word om hul moedertaal te praat en lief te hê – volgens Pres. Steyn was dit Afrikaans.
Sy versiende oog het besef watter waarde die Engelse taal het en daarom het hy hom beywer vir gelyke onderrig in beide tale. Dit was ook sy begeerte dat die Bybel ‘n ereplek in die skool moes hê. Die geskiedenis van die Afrikanervolk moes ook aan die dogters oorgedra word. Bowenal moes die onderrig Christelik-nasionaal wees.
Die skool het vanaf die stigting voorsiening gemaak vir kosgangers.


Visie

Die visie van Primêre Meisieskool Oranje is om elke dogter met liefde en regte waardes en norme te ontwikkel as: selfstandige bekwame jong vroue wat in staat is om gelukkige vervulde lewens te lei, sodat hulle ‘n besondere bydrae kan maak – nie net in Suid-Afrika nie, maar ook in die wye wêreld.


Missie

Primêre Meisieskool Oranje is verbind tot uitmuntende rigtinggewende onderwysende opvoeding op akademiese-, sport- en kultuurgebied, sodat die leerlinge ‘n onmisbare bydrae met kennis, vaardighede en die sensitiwiteit van ‘n Christelike benadering tot die lewe kan maak. Ons is dus ‘n skool met ‘n baie besondere identiteit en geskiedenis.


Algemene Inligting:

Adres: Aliwalstraat 99
Bloemfontein
9301

Tel: 051-4476845
Faks: 051-4470070
E-pos: kantoor@oranjeprimer.co.za

Provinsie: Vrystaat
Distrik: Motheo
Skool: C en N Primêre Meisieskool Oranje
EMIS: 440304225

SAOU webblad: www.saou.co.za
kantoor: 051 4444509
Magda Strydom: 083 449 0216
Faks: 086 685 1090
Jannie Oosthuizen: 071 883 2022
Faks: 086 516 0146
Ankia Bester: 082 971 5581

OTHER PLACES NEAR PRIMêRE MEISIESKOOL ORANJE

Show more »