Paul Bosman Koshuis 1.92

Visser straat
Swartruggens, 2835
South Africa

About Paul Bosman Koshuis

Paul Bosman Koshuis Paul Bosman Koshuis is a well known place listed as Education in Swartruggens ,

Contact Details & Working Hours

Details

Paul Bosman Koshuis
Geskiedenis
Vanuit die staanspoor was 'n hoërskool op Swartruggens en koshuise soos vinkel en koljander, die een kon net dood eenvoudig nie sonder die ander nie. Ellende en armoede was in die orde van die dag. Die ouers se algemene vervoermiddels was nog die perdekar en die ossewa. Om kinders by die ontwikkelende skool te kry was steeds ‘n groot problem. Dit is toe dat ds.Roos die problem stormgeloop het, want vir hom was dit ondenkbaar dat selfs een Afrikanerkind vanweë omstandighede nie die geleentheid sou geniet vir onderrig nie. Hy het by die inwoners gaan pleit en hulle het hulp verleen. Oom Diek en Tannie Bettie Booysen was eerste om blyplek vir Seuns te verskaf. Die meisies is ingeneem in die huise van die Fouries, Schuttes en Roodts. Teen 1922 is daar egter nie genoeg plek vir leerlinge in private huise nie. Ds. Roos dra die problem aan die kerkraad op en hulle besluit om die pastorie as koshuis te gebruik. Oudl. Koos de Vos is aangestel as koshuisvader. Dit was die begin van ons koshuis. In 1923 koop die kerk die afgebrande Grand Hotel en stig die meisieskoshuis met 30 kamers. Dit is “Sinceritas”(Eerlik en moreel) genoem. Die koshuis in die ou pastorie is vir die seuns geoormerk en is “Rosamea”(My liefde) gedoop. Vir langer as 15 jaar het die kerk die koshuis bestuur en in 1938 neem die Departement die bestuur van die koshuis oor, maar bly die eiendom van die NG Kerk. Oom Koos Vos wat koshuisvader al die tyd was bedank daardie jaar. In 1944 koop die Tranvaal Provinsiale Administrasie die koshuis by die kerk. Mnr. Paul Bosman, hoof van die skool beskou dit as ‘n terugslag, want nou sal die skool soveel langer vir die Departement moet wag om ‘n nuwe koshuis vir die behoeftes van die skool te bou. Die TPA het toe al in 1938 in beginsel goedgekeur dat ‘n nuwe koshuis vir die skool gebou sal word. Die Tweede Wêreldoorlog het egter al die planne verydel. Dit het bykans nog 20 jaar geduur voordat die nuwe koshuis in 1957 in gebruik geneem is. Die lang wag was egter die moeite werd, want selfs vandag nog beantwoord die Paul Bosman koshuis aan al die vereistes en is dit ‘n onmisbare onderdeel van ons skool.

Hoekom die koshuis se deure oophou?
Soos in ons koshuis se geskiedenis, is hierdie die tuiste van kinders wat die geleentheid wil hê om ‘n gesonde opvoeding te ontvang en geniet. Dit is juis wat Swartruggens Gekombineerde Skool en Paul Bosman Koshuis saam hulle kan gee. Ons koshuis is tans baie kleiner as wat dit in die verlede was, maar dit maak dit juis so ‘n gesonde huislike omgewing vir die leerders. Daar is persoonlike kontak en disipline wat deurentyd gehandhaaf word. Vir die meeste van hierdie leerders is dit ‘n veilige tuiste waar hulle kan groei tot volwassenheid, waar hulle uniek kan wees, maar steeds hulle rol kan vertolk as deel van die koshuis familie.

Die Koshuis
“Die koshuis is ons huis.” Deur die jare het die koshuis as huis gedien vir baie leerders wat deur ons skool se grade beweeg het, maar soos die tendens van ons tyd is, gaan als altyd agteruit soos tegnologie verbeter. Ons probeer heeltyd om hierdie tuiste van die leerders op te knap en te herstel. Heelwat van die leerders in ons koshuis, kom uit minder bevoorregte omgewings uit en maak die bestuur van die koshuis soos in die verlede ‘n lekker uitdaging. Die welsyn, die kerke en inwoners van die dorp en al die personeel probeer voortdurend help. Sonder almal se hulp sal ons nie die koshuis kan bestuur soos wat ons probeer nie.

Projekte
Die koshuis wil graag vir sy kinders die beste gehalte van als gee wat ons kan gee. Dus word ons genoodsaak om projekte te doen.

Een van die nuwe projekte wat beoog word is om vrugtebome op ons terrein aan te plant. Hierdie vrugtebome sal heerlik koelte in die warm somer vir ons kinders gee asook vrugte reg deur die jaar. Die vrugtebome sal deel vorm in die volhoubare ontwikkeling van ons koshuis en sy terrein.

U is welkom om enige tyd die koshuisvader te kontak of ‘n besoek af te lê om te kyk of u kan help om ‘n beter toekoms vir ons kinders en ons koshuis te gee.

Personeel
Paul Bosman Koshuis bestaan tans uit die volgende personeel:
Koshuisvader: Mnr. J Roets
Sekretaresse: Mev. E Schwan
Kombuis Matrones: Mev. S Keiser
Mev. H Smith
Gang Matrone: Mev. G van Rensburg
Diensdoenende Personeel: Mev. E Venter
Mev. H van Wyk
Mev. A Duvenhage
Mej. L Bam

Kontak ons gerus.
Koshuisvader: 074 627 2539, ojfroets@webmail.co.za
Sekretaresse: 015 544 0009, swrskool1@lantic.net