HNK / Northern Cape High School / Hoërskool Noord Kaap 3.77

Hayston Road
Kimberley, 8301
South Africa

About HNK / Northern Cape High School / Hoërskool Noord Kaap

HNK / Northern Cape High School / Hoërskool Noord Kaap HNK / Northern Cape High School / Hoërskool Noord Kaap is a well known place listed as High School in Kimberley ,

Contact Details & Working Hours

Details

Vanaf 1943 tot 1975 het die Hoërskool Noord-Kaap as die Tegniese Kollege Noord-Kaapland bekend gestaan. Op 31 Desember 1975 het ‘n heel besondere onderwysgeskiedenis aan hierdie streek tot ‘n einde gekom toe die Hoër Tegniese Skool en die Hoër Handelskool Noord-Kaapland na 7½ jaar se bestaan as gesamentlike beroepskool, beëindig is.

Van 1976 tot 1986 het die huidige Hoërskool Noord-Kaap as die Hoër Handelskool bekend gestaan, maar weens veranderinge rakende die vakkeuse het die Handelskool in 1987 na die Hoërskool Noord-Kaap verander. Vandag is die Hoër Tegniese Skool en die Hoërskool Noord-Kaap twee spogskole – ‘n groot aanwins vir Kimberley en die Noord-kaap.

Mnr. M.K. Brits was die eerste hoof van die Hoër Handelskool. Vanaf 1986 tot 1995 was mnr. D.J. Pretorius skoolhoof van Hoërskool Noord-Kaap met mnr. A.J. Snyman (1994 tot 2003) wat hom opgevolg het. Mnr. A. du Plessis neem vanaf Augustus 2003 tot 2004 as skoolhoof waar. Mnr. H.J. Brand was sedert Januarie 2005 – April 2016 die hoof. Me. J.A. Venter is sedert 1 Mei 2016 – 31 Desember 2016 die waarnemende hoof. Leerdergetalle het sedert 1987 aansienlik toegeneem. Waar daar in 1987, 403 leerders was, het die getalle tot die huidige 1000 gegroei.

Tans is Hoërskool Noord-Kaap een van die toonaangewende skole in ons provinsie wat met gereelde goeie prestasies op akademiese-, sport- en kultuurgebied spog.