Miki Maths Magic is ‘n gestruktureerde en omvattende program wat jong kinders tussen die ouderdom van 3 en 10 jaar help, om ‘n goeie begrip van essensiële wiskundige konsepte en ’n wye netwerk van idees te ontwikkel. Konsepte word op ’n geïntegreerde manier aangebied met sterk klem op getalvaardigheid.
Kinders leer die beste wanneer hulle dit wat hulle doen geniet en daarom streef ons daarna om deur lekker aktiwiteite en sinvolle werkkaarte ’n liefde vir Wiskunde by kinders aan te kweek.