Metjan Wildplaas/Jagplaas Gamefarm/Huntingfarm 3.72

3.9 star(s) from 27 votes
N12 S26.432800 E027.513640
Fochville, 2515
South Africa

About Metjan Wildplaas/Jagplaas Gamefarm/Huntingfarm

Metjan Wildplaas/Jagplaas Gamefarm/Huntingfarm Metjan Wildplaas/Jagplaas Gamefarm/Huntingfarm is a well known place listed as Sports/recreation/activities in Fochville , Hunting And Fishing in Fochville ,

Contact Details & Working Hours

Details

Metjan Wildplaas/Jagplaas - Juweel tussen die Goudmyne van Fochville en Carletonville. Metjan is 700 Hektaar groot en is die tuiste van vele wildspesies en is ‘n welbekende jagplaas geleë 7km vanaf Fochville op die N12.
Slegs 60km vanaf JHB/Potch/Vereeniging/Parys, naby genoeg aan die stede (JHB + Pretoria), maar tog weg van die stad se geraas.
Wildspesies is o.a. Swartwildebees, Blesbok, Wit Blesbok, Blouwildebees, Rooibok, Rooijakkals, Rooihartbees, Springbok, Kameelperd, Rooiribbok, Takbok, Waterbok, Koedoe, Volstuis, Sebra, Eland, Waaierstert Meerkat, Stokstert Meerkat, Witkwas Meerkat, Swartkwas Meerkat, Ystervark, Blouaap, Rooikat en vele voëlspesies.
Metjan is toegerus met verskillende boog skuilings, jag voertuie, wild slagpale, slaghuis en jagkamp.
Metjan is gestig in 1991 met die samesmelting van verskeie landbou gronde, die omheining daarvan en vestiging van verskeie wildspesies. Die jagkamp is nuut gebou en met tyd uitgebrei met die onthaal saal, en later die Kerk op die berg. In 1999 is Metjan slaghuis op die N12 geopen, waar die lekkerste biltong gemaak word. Dit was die breinkind en droom van Jan en Mettie Botha wat ‘n realiteit geword het.
Alhoewel daar al vroeg aansoek gedoen was by natuurbewaring vir ‘n vrystellings permit om te mag jag, het Jan Botha vir etlike jare sy “wilds-kinders” nie gejag nie. Sy liefde en respek vir die plaas en natuur kan in alles wat hy aangepak het gesien word. Mettie Botha se handewerk kan nog gesien word in elke chalet en die saal se gordyne.
Die jagkamp bestaan uit 5 selfbediening chalets, net ‘n klipgooi afstand van pragtige plaasdamme. Die damme word gevoed deur ‘n natuurlike fontein waar daar karp, baber en swartbaars gevang kan word. Elke eenheid beskik oor slaapplek vir 4 persone (2 slaapkamer, 1 dubbel- en 2 enkelbeddens) en ‘n ten volle toegeruste kombuis en badkamer. Elke eenheid beskik oor 220v krag, ‘n braai en kampvuur area. ‘n Groot binnenshuise swembad is ook beskikbaar.
Indien u slegs vir ‘n dag wil kom jag (sonder om tuis te gaan), reël ons dit met graagte.
Al die jagte word gekoördineer in samewerking met die eienaar.
Die dagfooi sluit die volgende in: veldvoertuig, slagfooi, verkoeling, en sout van die trofee.
Metjan is geleë in die gebied waar “Matabele krale” gebou was en huidiglik nog gesien kan word. Hier verstaan elkeen waar Kraalkop sy naam gekry het.
Kom beleef die wild wat vrylik loop deur die jagkamp, en sien hoe wonderlik die natuur is!