Liquigro Holdings Pty Ltd 2.18

Stand 297 R507
Hartbeesfontein, 2600
South Africa

About Liquigro Holdings Pty Ltd

Liquigro Holdings Pty Ltd Liquigro Holdings Pty Ltd is a well known place listed as Farming/agriculture in Hartbeesfontein ,

Contact Details & Working Hours

Details

Al ons produkte het ‘n pH van 6 met die P in ‘n Ammoniumorthofosfaat vorm vir optimale N en P opname in die grond en deur die plant.

• Plant opneembare fosfate reg deur die seisoen is ‘n voorvereiste vir optimale gewasproduksie en volhoubare landbou!
• ‘n Sterker wortelontwikkeling en uitstaande opbrengs resultate word verkry!

Alle mikrobes oorleef in ‘n 100% kosentrasie van ons produk!

• Twee onafhanklike mikrobioloë bevestig stelling!
• Kliënte bevestig groter mikrobe lewe in hul gronde!

Ons produkte kan op verskeie maniere toegedien word, hetsy deur ‘n

• vloeibare planter in die planter voor,
• die uitspuit van die produk direk op die gewas,
• die uitspuit van die produk op die grond,
• toediening deur spilpunte asook drupper sisteme,
• toediening in kweekhuise asook hidroponiese stelsels.

Al die bogenoemde toedienings kan gedoen word sonder vrese van beskadiging van landbou toerusting (bv. spilpunte, planters, spuite) en die plante a.g.v. lae pH en hoë soute in ander produkte.

Ons Ammoniumorthofosfaat het ‘n baie sterk, stabiele binding sonder ‘n lading en bind nie met ander elemente in die grond nie en is sodiende deur die hele seisoen plant beskikbaar.

Alle ander Fosfaat bronne is in ‘n Polifosfaat vorm wat in die grond deur ‘n ensiem omgesit moet word in ‘n Orthofosfaat vorm om dus plant opneembaar te kan wees.

Liquigro Ammoniumorthofosfaat is total deur die plant opneembaar.

Ons jongste ontwikkeling laat ons ook toe om ‘n gewasbespuiting (mikro en makro elemente) in hoë konsentrasies op die plant te spuit met effektiewe opname in die plant binne 4 ure.

Indien Tegniese MAP as ‘n maatstaaf gebruik word, kan ons tien keer meer N en P op die gewas neersit sonder plant skade.

• Dit gee aan die gewas uiterse hoë energie vlakke wat in vegetatiewe stadiums groei tot gevolg het en in die vroeë reproduktiewe stadiums opbrengs uitsonderlik verhoog.
• Dit verseker ook gesonde plante met hoë brix tellings wat weerstand toon teen algemene plant siektes en peste bv. Aalwurms en Meeldou.

Liquigro kliënte kan dus aanvanklik met minder kunsmis plant en die bemestingsplan aanpas by ons wisselvallige reën patrone, wat tot gevolg het:

• Laer risiko
• Koste effektief
• Buigsame bemestings toediening

Opbrengs potensiaal kan dan tot op ‘n baie laat stadium aangespreek word deur middel van ons unieke gewas bespuitings program!!