Lekke Dudu bied twee stylvolle kamers, elk met 'n dubbelbed, een gemeenskaplike badkamer asook 'n klein leefarea met "kitchenette" wat 'n ketel, mikrogolfoond en nodige breekgoed bevat. Koffie, tee, suiker, melk en beskuit word ook voorsien.
Al bogenoemde fasiliteite is afgesonder van die hoof huis wat privaatheid waarborg. Elke kamer het ook sy eie ingangsdeur vanaf buite.
Lekke dudu is ideaal vir 'n gesin of twee paartjies wat bereid is om 'n badkamer en leefarea te deel!