Laerskool Pretoria-Oos Amptelike Blad 2.74

209 Roper Street
Pretoria,
South Africa

About Laerskool Pretoria-Oos Amptelike Blad

Laerskool Pretoria-Oos Amptelike Blad Laerskool Pretoria-Oos Amptelike Blad is a well known place listed as Education in Pretoria ,

Contact Details & Working Hours

Details

Laerskool Pretoria-Oos is 'n klein Afrikaanse skool in die hartjie van Pretoria. Ons klasse is relatief klein danksy die feit dat daar heelwat meer addisionele personeel deur die ouers aangestel word as personeel wat hier Departmentele poste het wat dus beteken dat elke kind meer persoonlike aandag kan geniet.

Ons spog met 'n span toegewyde en liefdevolle opvoeders wat regtig
bereid is om die spreekwoordelike "ekstra myl" vir die leerlinge te loop
en ons slaag goed daarin om elke Osie daagliks met 'n glimlag huis
toe te kan stuur.

Alhoewel ons baie trots is op al ons leerlinge se prestasies in die verlede en ook tans op die gebied van akademie, sport en kultuur, plaas ons 'n hoër premie op dié van deelname en die genot daarvan.

Osies het een goue reël en dit is RESPEK.

Die maats weet dat respek in die eerste plek by jouself begin in alles wat jy doen en ook wat jy sê. Laerskool Pretoria-Oos is 'n skool waar kinders nog spontaan kind kan wees en kaalvoet kan speel sonder die oormatige druk om te moet presteer ter wille van prestasie.