Laerskool Kruinsig 3.54

c/o Veld and Fiskaal Streets
Kempton Park, 1619
South Africa

About Laerskool Kruinsig

Laerskool Kruinsig Laerskool Kruinsig is a well known place listed as Elementary School in Kempton Park ,

Contact Details & Working Hours

Details

Die geskiedenis van Laerskool Kruinsig:

8 Januarie 1980 – Laerskool Aston Nimrod open sy deure met 430 leerders en 18 tydelike personeellede. Binne ses maande na die opening van die skool word ʼn kompetisie geloots om ʼn naam vir die nuwe skool te vind. ʼn Ene juffrou van Rooyen se voorstel van Laerskool Kruinsig is en op 5 September 1980 word Laerskool Aston Nimrod amptelik herdoop tot Laerskool Kruinsig.

Laerskool Kruinsig se missie naamlik “Die verskaffing van ʼn gebalanseerde, totale, toekomsgerigte, ekonomies-effektiewe opvoedings en ontwikkelingsdiens aan die kinders van die ouergemeenskap van ons omgewing” blyk steeds verwesenlik te word as daar boekgehou sou word van die suksesvolle rolspelers in die samelewing waarvan hul opvoedkundige fondamente by Laerskool Kruinsig gelê is.

Die eerste amptelike boomplantdag vind plaas op 3 Augustus 1985 naby die plek waar Noag se lapa tans gebou is. Die leiergroep van 2014 het 8 inheemse bome (een vir elke graad) op die terrein geplant om hul tema van die jaar “Groei” te simboliseer.

In 1982 voer die Kruinies die eerste van vele musiekblyspele Met ʼn Lied in my Hart op. Vandag is die Kruinies steeds bekend vir opvoerings van hoogstaande gehalte. Na Met ʼn Lied in my Hart volg suksesvolle opvoerings Katravia, Droomboom, Gedroggie in die Gat, Plek vir Krissie en ʼn massa revue Kruinie Kapperjolle.

Skoolwapen:

Die skoolwapen is ontwerp deur Willem Loots.

Betekenis van die wapen:

Son : Bron van lewe – Dien ook as agtergrond.

Vliegtuig : Vanweë die ligging van die skool en die internasionale lughawe, is dit onmisbaar deel van Kempton Park en ook die skool.

Bybel: Deur geloof in God, asook in jouself sal jy oorwin – Dit is ook waaruit die skool se leuse “Glo en Oorwin” voortvloei. Simbolies is die Bybel ook die boek van kennis. Kennis is die doelwit van die onderwys.

Lourierkrans : ʼn Simbool van oorwinning omvou die Bybel en verwys na oorwinning deur volharding.

Skoolhoofde:

Eerste permanent aangestelde hoof – Mnr A.J. van der Merwe dien die skool en gemeenskap met uitsonderlike passie vanaf 1980 tot 2005. Gedurende 2005 tree mnr Van der Merwe uit die onderwys na 25 jaar as skoolhoof verbonde aan Laerskool Kruinsig. Diep spore is getrap en ʼn etos van uitnemendheid is gevestig gedurende die tyd

Vanaf Januarie 2006 is mnr J.H. Kruger aan die stuur van sake. Steeds streef die Kruinies na sukses op die vele terreine van opvoedende onderwys met hul oë gerig na Bo

Beheerliggaam / Skoolkomitee

Die eerste skoolkomitee van Laerskool Kruinsig het bestaan uit:

Dr W.J. Bruwer (Voorsitter),

Dr. C.J van Niekerk (Onder voorsitter),

Mnr A.J. Schoonraad (Sekretaris),

Mnr D.A Fivaz

Mnr W. H Drinkwater

Mnr J. H Lingenfelder

Mnr S. J Fick

Mev R Beetge

Die gesegde onder leerders en oud leerders – naamlik “Eenmaal ʼn Kruinie, altyd ʼn Kruinie” vind skynbaar vastrap plek in gene ook, want vandag is Mnr Werno Drinkwater – seun van een van die eerste skoolkomitee lede, verkies vir ʼn tweede termyn as Beheerliggaamlid van ons skool.

35 jaar later is Laerskool Kruinsig ʼn dinamiese Afrikaans medium laerskool met ʼn ryke tradisie en Christelike waardes wat die skool se visie “DIE LAERSKOOL SONDER WEERGA” uitleef. Laerskool Kruinsig bied steeds aan elke leerder die geleentheid om as individu te ontwikkel en met die nodige selfvertroue om hom-/haarself te kan handhaaf. Ons is vol geloof dat oor ʼn verdere 35 jaar Laerskool Kruinsig steeds ʼn dinamiese skool sal wees waar elke leerder se uniekheid tel, waar skoolgaan met entoesiasme ervaar en lewenswenners ontwikkel word.