Laerskool Hartenbos 4.5

Laerskool Hartenbos
Hartenbos, 6520
South Africa

About Laerskool Hartenbos

Laerskool Hartenbos Laerskool Hartenbos is a well known place listed as Education in Hartenbos , Elementary School in Hartenbos ,

Contact Details & Working Hours

Details

Uit die Hoof se kantoor:

Geagte Nuwe Ouer

Vergun my om u langs hierdie weg hartlik welkom te heet by Laerskool Hartenbos. Ons missie is: “Om deur kwalitieit opvoeding die potensiaal van al ons kinders ten volle te ontwikkel.”

Mag u en u kleingoed dan deel raak van die vennootskap wat deur bogenoemde missie daargestel word. Dit is nie net u reg nie, maar ook voorreg om voluit te deel in u kind se opvoeding vandaar ‘n “oopdeur beleid” om te alle tye vir my te kom spreek oor aangeleenthede wat u op die hart mag dra. Ek waarborg nie kitsantwoorde en resultate nie, maar ten minste ‘n simpatieke oor. Ek wil u verseker van my en die personeel se strewe om net die beste vir u kleingoed te bied. Ek nooi u dan ook uit om te deel in al die aktiwiteite wat die skool, Beheerliggaam en Ouer Onderwysvereniging vir u sal bied.

Mag Laerskool Hartenbos vir u en u kind ‘n ryke en blywende ervaring inhou waarin u nie net gelukkig sal wees nie, maar waar u kosbare eiendom ook sinvol voorberei sal word vir die lewe.

Vriendelike groete

B.D. Oosthuizen

SKOOLHOOF

Gedagte van die week…

Ek is tot alles instaat deur Jesus Christus wat my die krag gee.

Fil. 4:13