Laerskool Bergsig 4.02

IRVINE LAAN 336
Pretoria, 0082
South Africa

About Laerskool Bergsig

Laerskool Bergsig Laerskool Bergsig is a well known place listed as School in Pretoria , Elementary School in Pretoria ,

Contact Details & Working Hours

Details

Laerskool Bergsig
Geskiedkundige Oorsig

Vanjaar is Laerskool Bergsig 75 jaar oud. Vyf en sewentig jaar gelede is ‘n klein skooltjie hier in mountain view. Hy het begin met ‘n leerlingtal van 84 in sy eerste bestaansjaar en sy naam was die Junior Goewerment Skool Mountain View.
Hierdie tydperk staan nie verniet bekend as die goeie ou dae nie, want in 1937 koop die skool sy eerste klavier vir drie en twintig pond en tien sjielings. (£23.10 – R254.10) – Hy is vandag nog in gebruik! Die eerste permanente skoolhoof Mnr. C.A. Jansen, word ook nou aangestel.
Tydens die simboliese ossewatrek in 1938 was daar 11 leerlinge in die skool wat deelneem aan die volkfees. Ons ontvang met die geleentheid die pragtige miniatuur kakebeenwaentjie van die munisipalitet van Hercules. Hierdie waentjie is tans nog in die skool se besit.
Mnr. A.F Pienaar aanvaar ook nou die aanstelling as hoof van die skool. Daar word 500 bome aangeplant op die skool se terrein.
Gedurende 1939 verander die skool se naam na Hercules Noordskool met ‘n leerlingtal van 151 leerders.
Tot in 1942 brei die skool geweldig uit. Twee erwe word bygekoop, klaskamers word aangebou. Die windpomp verdwyn en terasse op die westelike deel van die skool word gebou.
Die skool groei steeds en presteer goed op sport- en kultuurgebied – so kry n gradekoor bv. 92% in 1945. Tandheelkundige dienste word ook aan ons skool gelewer en maak ons geskiedenis deur die eerste skool te wees wat, deur hierdie diens se toegeruste karavaan besoek te word.
In 1948 waai die tande letterlik toe daar met een so besoek 102 tande getrek word.
Steeds word klaskamers aangebou om die groeiende leerlingtal te huisves en is daar in 1949 reeds 495 kinders in die skool. Net soos nou, hou hulle toe ook konsert en vorder een en vyftig pond (£51 – R561) daarmee in. Dit klink min maar geld was toe meer werd as nou.
Gert Selela begin in 1951 as Algemene assistent by die skool.
Mnr. C.H Odendaal aandvaar in 1952 diens aan die skool as ‘n gewone onderwyser.
Gedurende 1954 tree Mev. E.C van der walt van uit die onderwys maar laat vir ons ‘n mooi erfenis na nl. Ons skool se wapen. Gedurende die selfde jaar sterf die hoof Mnr. A.F Pienaar en word in 1955 opgevolg deur Mnr. J.J Booysens.
Die skool is nou baie groot en verligting kom toe die Laerskool Saamspan in 1959 in gebruik geneem word.
Twee jaar later was dit ‘n heuglike dag toe die skool se saal en biblioteek ingewy kon word en ‘n groot leemte word so gevul.
Gedurende die sestigerjare styg die leerlingtal sporadies. In 1963 aanvaar Mnr. C.H Odendaal diens as adjunkhoof van die skool.
Die skool se benaming verander in 1967 amptelik vanaf Laerskool Mountain View na Laerskool Bergsig.
Mnr. J.J Booysens tree in 1969 uit die diens met pensioen en Mnr. C.H Odendaal word in 1970 as hoof van die skool aangestel.
Die sewentiger jare toon geleidelike daling in die skool se leerlingtal – dis egter ‘n algemene tendens by skole van ouer woonbuurte. Oueraande word nou in 1970 ingesel maar aanvanklik is die ouerbywoning geweldig swak. Vandag kan ons egter met dankbaarheid meld dat ons ouers byna almal die oueraande getrou bywoon en word daar gebou aan ‘n baie goeie verhouding tussen onderwyser en ouer.
‘n Eie skoollied word in 1974 ‘n werkliheid. Dit is heerlik om met trots en ‘n warm gevoel om die hart ons eie skoollied te sing.
In April 1978 begin Juffrou Annemarie Viviers by Laerskool Bergsig klasgee.
1983 – Juffrou Talita Barnard begin in die jaar by die skool klasgee.
In 1984 sien Bergsig twee van sy sterkste onderwyseresse die skool intree nl. Juffrou Elsabè van Aswegen en Juffrou Anet Labuschagne.
1985 begin Mnr. Willie Beneke by die skool werk as ‘n normale onderwyser.
Onder leiding van Mnr. Odendaal word die halfeeufeesvieringe in 1986 ‘n groot hoogtepunt in die skool se geskiedenis. Foto’s, video’s, sowel as breedvoeringe beriggewing in skooljoernaal no.3 vertel die hele storie. ‘n Gedenkblad wat vandag goud werd is word uitgegee.
In 1989 skenk Mnr. Odendaal ‘n trofee – die skoolwapen uit hout gesny – om jaarliks aan die veelsydigste leerling in st. 5 (Gr.7) te gee. Die trofee word steeds toegeken.
Op 14 Desember 1989 tree Mnr. Odendaal af. Hy sluit die joernaal af met die woorde: “EK het ook vandag aan die einde van my onderwysloopbaan gekom. My wense is dat laerskool Bergsig ‘n blink toekoms sal he aan die hande van Mnr. Coetzee, in u bekwame hande sal dit net beter gaan.”
Mnr. T.C Coetzee begin dus sy werksaamhede as skoolhoof by Bergsig met ingang 1990.
Op 30 April 1991 word daar afskeid geneem van die algemene assistant, Gert Selala, of Oupa Gert soos hy onder die leerlinge bekend gestaan het. Hy was vanaf 1951 aan die skool verbonde.
In 1992 word die huidige snoepie voltooi en amptelik in gebruik geneem.
In 1993 word Mnr Willie Beneke Departementshoof.
In 1994 het die ligte letterlik aangegaan, toe die spreiligte vir die eerste keer gebruik is en wel met ‘n rugbyaand teen Laerskool Pierneef.
Tydens Mnr. Coetzee se dienstyd het die land groot veranderings beleef en soms was die toekoms onseker. Op 27 April vind die eerste verkiesings na Mnr. Nelson Mandela se vrylating plaas en betree ons land ‘n nuwe era. Op 10 Mei 1994 word Mnr. Mandela ingehuldig as die nuwe staatspresident.
Op 30 Mei 1995 word die Republiekfees vir die laste keer herdenk.
Die standerd 5 leerlinge samel geld in om die hoof se kantoor op te knap. Die ‘nuwe’ kantoor word dan ook op 20 September 1995 aan Mnr. Coetzee oorgehandig.
1996 – ’n bomdreigement sorg vir aksie by die skool! Ontruiming vind baie orderlik na die rugbyveld plaas. Nadat die polisie en honed eenheid die skool veilig verklaar het, is daar weer met die normale dag aangegaan!
Op 28 Februarie 1997 tree Mnr. Coetzee na ‘n skoolloopbaan van 30 jaar uit diens. Hy was vir 7 jaar by Bergsig betrokke en het die skool in ‘n hele nuwe era ingelei. Mev. Annemarie Nel het as waarnemende hoof die leisels by hom oorgevat.
In hierdie tyd word daar ‘n algemene vergadering met die ouers gehou om te stem oor die instelling van verpligte skoolgeld. Die meerderheid ouers stem ten gunste daarvan.
Die jaar 1998 begin met die intrude van die nuwe hoof, Mnr. T. Greyling.
In 1999 begin ‘n Graad 0 klas by die skool met 24 kleuters. Die idée was eers vreemd maar het vinnig wortel geskied – om te bly en te groei. In 2000 is ‘n tweede klassie begin vir die 4-5 jaar kleuters. Die getalle lyk pragtig met 33 in Graad 0 en 16 4-5jariges. Die klassie staan bekend as Die Besige Bergies. Jufforu Delmarie Olivier tree in by Bergsig as onderwyseres en Mnr. Willie Beneke verlaat Bergsig.
In die tydperk 1998 – 2002 beleef die skool moeilike tye en beriek ‘n laagtepunt in sy geskiedenis. Die skool verloor heelwat onderwysers en leerlinge.
Einde 2002 bedank Mnr. Greyling uit die onderwys. Mev. C.M Kotze (DJF) neem nou waar as hoof.
Eie aan Bergsig se Karakter, het die skool nie gaan lê nie, maar met harde werk, positiewe en gemotiveerde onderwysers, ouers en leerders weer die steil pad boontoe geklim. Intussen presteer ons leerders steeds op alle gebiede en maak hulle merk ten speite van die min getalle. Juffrou Esterhuizen begin die jaar by Bergsig skoolgee.
Tannie Poppie Kidson begin in 2002 die skool kantoor te hardloop.
In 2003 word n blye jaar toe Mnr. Willie Beneke terug kom na Bergsig en intree as Hoof van die skool. Die jaar sien ook Mnr. Johan van Rooyen as Departements hoof by die skool intree.
Onder Mnr. Beneke se bekwame leiding het die skoolgetalle weer gegroei. Die skoolterrein is stukkie vir stukkie herstel en verbeter. Die lapa is voltooi, die skuld afbetaal en nou kan dit vir Bergsig begin geld verdien.
2004 sien sommer baie onderwyseresse by on skool begin! Juffrou Yolandi van Dyk, Juffrou Melinda van der Watt en Juffrou Marna Grobler!
Die skool word in 2006 70 jaar oud en Juffrou Prinsloo begin ook by die skool klasgee.
Op 13 Augustus 2007 tref ‘n groot slag die skool, toe Juf. Christa Kotzè aan kanker oorlede is. Die skool het ‘n uitstekende onderwyseres, kultuurpersoon, mentor en vriendin verloor. Juffrou Nadia Grobler begin die jaar by Bergsig skoolgee.
Mnr Coenie begin in 2009 by die skool klasgee en met sy sportstalent neem hy Bergsig se sport tot nuwe hoogtes.
2010 begin Juffrou Christelle Badenhorst by ons skool klasgee.
2011 sien Jufforu Zeldi Swart en Juffrou Corlia le Roux by Bergsig begin Klasgee.
Vandag na 75 jaar, kyk ons terug na berge en dale, wel en wee, life en leed. On sweet Bergsig se personeel, ouers en leerder is ‘n familie. Ons weet Bergsig – die klein skooltjie met die groot hart – doen sy leuse gestand: KOMAAN!