Idma-Kapel 3.59

4.7 star(s) from 10 votes
Kapel
Vredendal, 8160
South Africa

About Idma-Kapel

Idma-Kapel Idma-Kapel is a well known place listed as Event Planning/event Services in Vredendal ,

Contact Details & Working Hours

Details

Idma@Kapel is ‘n unieke venue waar gaste persoonlik verwelkom word. Ons bedryf ons plek met passie en met respek vir elke mens en vir die natuur en omgewing. Ook met professionaliteit, maar ons maak seker ons en ons gaste geniet dit hier.

Ons venue nestel op ‘n druiwe- en groente-plaas by Kapel, in die hart van die vrugbare Olifantsriviervallei, tussen Klawer en Vredendal. Dit is baie naby aan die N7 wat die Kaap en Namibië en ook die Kaap en Upington verbind.

Eienaars, Idi en Marinda Teubes, en ons toegewyde span bekwame personeel verseker dat elke funksie perfek beplan en uitgevoer word, en kliente dit net kan geniet. Gasvryheid is die wagwoord op hierdie mooi plek.

Idma@Kapel is ideaal geleë op die walle van die rivier waar mens kan wegkom van die daaglikse gewoel en die platteland op sy beste kan ervaar. Die venue is na genoeg om die talle wynplase in die distrik te besoek en ook om die heerlike Weskus- en Olifantsrivier-wyne te geniet. In die lente is die internasionaal bekend veldblomroete op ons voorstoep. Besoekers kan hulle funksies so reël dat hulle nie die uniek prag van die Namakwaland kan mis nie.

Ons geriewe is perfek vir konferensies, troues, kongresse, opleiding, verjaarsdae en selfs vir produkbekenstellings of net om lekker saam met vriende bymekaar te kom. Die pragtige tuin met groot bome, langs die wingerde en die rivier, bied afwisseling om regte kreatiewe denke te stimuleer.

Marinda en haar spysenieringspan het internasionale opleiding om seker te maak voorbereiding en aanbieding van alle etes is werklik uit de boonste rakke en smaaklik.