As u opsoek is na 'n "aanbiddingsplek", waar God met oorgawe, passie en spontanïteit aanbid word, waar die Woord sonder kompromie, reguit verkondig word en waar die Heilige Gees hartlik welkom is tydens elke geleentheid, nooi ons u hartlik uit om te kom kuier.
Kom beleef God se nabyheid en ontferming wanneer mede gelowiges tyd skep om te bid vir individue se behoeftes.