Granny's Pies 2.07

5 star(s) from 3 votes
48 Bree Street
Parys, 9585
South Africa

About Granny's Pies

Granny's Pies Granny's Pies is a well known place listed as Bakery in Parys , Food/grocery in Parys ,

Contact Details & Working Hours

Details

Ek , my man Johan en tiener seun het einde 2007 van Tzaneen na Parys verhuis, as “werklose ma “ en “ pensionaris pa”. Ek was die trotse eienaar van ‘n algemene handelaarswinkel in Tzaneen, en nadat hy en die klein hoewe waar ons gebly het, verkoop is, het ons op Parys besluit, nader aan ons albei se ouers en kinders in Pretoria.

Ek was nog veels te jonk om af te tree, en besluit toe om honde beskuitjies te bak. Twee weke later het net gemufde koekies oorgebly. Ek onthou toe skielik my ma het vir ons as kinders pasteie gebak. Sy word toe onmiddelik geskakel (in Vereeniging) en gee vir my die resep oor die foon. Met een kilogram maalvleis word die eerste pasteie toe gebak en die deeg word sommer met ‘n lee wynbottel gerol.

Ons het glad nie mense in Parys geken nie, behalwe die eiendomsagent deur wie ons die huis gekoop het. Sy was toe ook my eerste fynproewer. Vir die eerste twee maande het ek net pasteie uitgedeel vir almal om te proe totad ek die potensiaal raakgesien het vir ‘n besigheid en gebid dat die Here my moet wys waar ek dit moet verkoop. So het dit “geloofspasteie” geword.

Die kombuis is groter gebou, later is die buite kamer ingerig as bakery en toe die ook te klein was het ons uiteindelik na twee jaar, ‘n perseel in die dorp gekry waarin ek nogsteeds is. Elke ses maande is ‘n vertrek by gehuur soos wat die aanvraag groter geword het.

Ek en Johan het saam self bemarking gaan doen, en so het Grannys gegroei dat ons nou al 6 500 dosyn pasteie en 300 kg maalvleis ‘n week bak. Van die 15 werknemers is 4 al agt jaar saam met die besigheid. Ons versprei so ver as Potchefstroom, Klerksdorp, Sasolburg, Vanderbijlpark, Vereeniging en al drie President Hypers.

Hier is sekere produkte soos koeksisters, beskuit, dadelhappies en jaffels wat ons by plaaslike verskaffers en tuisteskeppers aankoop omdat ons nie tyd het om alles te bak nie en sodoende hulle ook ondersteun. Ons hoofproduk is die cocktail pasteie maar ons bak ook groter pasteie soos “pepper steak” “Cornish” “beef and onion” “steak and kidney” en “chicken.” Daarby bak ons ook ons eie melkterte, soutterte, kaasstrooitjies en natuurlik die heerlikste peuselborde. Donderdae word boerebrode gebak en as jy later as 12uur hier is, is alles uitverkoop!


Die geheim van my sukses is omdat ek God toegelaat het om die vermoe wat hy my gegee het, en dit waaroor ek beskik, elke dag tot my voordeel te kan gebruik en kan benut. Met toewyding, geduld, geloof en deursettingsvermoe het ek ‘n alledaagse resep gebruik en hom buitengewoon goed gedoen. Ek lewe vir vandag, droom oor more, en leer uit gister.