Gasteplaas 3.33

4.2 star(s) from 11 votes
Plaas
Naboomspruit, 0560
South Africa

About Gasteplaas

Contact Details & Working Hours

Details

Hartebeesfontein Gasteplaas

Uitgeput en oorlaai? Kom ontspan en sink weg in die rustige atmosfeer van die Waterberge slegs 150km Noord van Pretoria. Aanskou die asemrowende sonsondergange en ryke voëllewe.

Hierdie gasteplaas is ideal vir bejaardes of gesinne wat die natuurlewe kan waardeer, hou van visvang,stap en besigtiging van voëllewe. Vierwielmotorfietse en bergfietse is ook welkom. In die wintermaande nooi ons jagters uit om verniet bosvarke, ystervarke, en fisante te kom skiet en dan slegs vir hul verblyf te betaal. Ons verwelkom ook groepe wat graag oorlewingskampe, skoolverlaterskampe ens. wil hou.

Visvang:

Beide kampterreine, plaashuis en damhuis kyk uit op n dam.
Die Damhuis en die kamp area is langs dieselfde dam, die Plaashuis is sowat 2km daarvandaan by 'n ander dam.
Ons damme word jaarliks met vis gevul en net catch & release” word toe gelaat. So kans op n mooi vangs is groot. Ons het n verskeidenheid vis beskikbaar. bv karps,kurpers,swartbaars en babers