Dorperland Dorperklub 2.65

5 star(s) from 1 votes
Posbus 11
Loeriesfontein, 8185
South Africa

About Dorperland Dorperklub

Dorperland Dorperklub Dorperland Dorperklub is a well known place listed as Farming/agriculture in Loeriesfontein ,

Contact Details & Working Hours

Details

Die lede het daarna gestreef om ‘n ras te teel wat gehard enaangepas is in ‘n omgewing wat hoofsaaklik uit semi-woestynbestaan. Uitstaande kenmerke van die dorper het skerp na voregekom en veral vrugbaarheid is sterk beklemtoon.

Die eerste veiling was gehou op 16 Oktober 1968 op Upington. Op hierdie tydstip het die klub 38 lede gehad. Vandag bestaan die klub uit 65 lede. Gedurende September 1969 is weer ‘n veiling op Upington gehou waarvan die omset R7 131 was. Ramme is gemiddeld vir R73,20 en ooie vir R22,71 verkoop.

Op 9 Mei 1978 word die klub se naam na Dorperland Dorper klub verander met Ernest Connan as voorsitter. Elize van Niekerk dien as sekretaris tot 1990, waarna sy opgevolg is deur Boetie Burger , wat tans sekretaris van die klub is. Ander voorsitters van die klub was Albert van Niekerk, Peter Connan, Ben Booysen, Hendrik van Zijl en tans Johan van der Colff. Huidige bestuurslede is Mauritz van Heerden, Tony Cahi, Christof van Wyk, Pilla Buys en Boetie Burger .

Die klub bedien die distriksraadgrense van Gordonia, Hantam en Namakwaland, waar die munisipale gebied van Upington die neutrale gebied is vir al die aktiwiteite van die klub. Klubveilings word steeds jaarliks op Upington, Kenhardt, Brandvlei en Loeriesfontein aangebied. Die Dorperland Dorperklub het vanjaar as gasheerklub by die Dorper kampioenskappe op Upington opgetree. Verskeie besoekers van oorsese lande soos Brasilië, Australië en Amerika het die skou bygewoon.

Die klub tree op as verlengstuk van die Suid-Afrikaanse Dorpertelergenootskap (SADTG). In uitvoering van sy pligte beywer hy hom om Dorpers in die distrik te adverteer asook veilings en ander opvoedkundige dae te reël. Die klub is ook betrokke by opleiding van die jeug en opkomende boere. Dorperland het drie jaar gelede 50 dorperramme aan opkomende boere geskenk. Sedert 1999 is alreeds 16 veldramprojekte in samewerking met die LNR geloods.

Navorsing wat deur die veldramprojekte gedoen is toon dat produsente te veel konsentreer op die mooi skaap, wat nie altyd fenotipies op sy nageslag presteer nie. Die strewe bly egter ‘n mooi skaap wat goed kan groei en aan die rasstandaard voldoen. Kortbeen ramme groei duidelik swakker as lang been ramme. Sommige langbeen ramme met goeie lyflengte vertoon minder gevulde agterkwarte, maar dra net soveel vleis, indien nie meer, as die bloktipe. Ramme met beter indekse lewer swaarder lammers en bewys dus hoe goed die dier op die veld aangepas is. ‘n Te groot gaping bestaan tussen die stoet- en kuddeprodusent. Produsente sal ramme wat prestasiegetoets is moet begin aankoop en wegbeweeg van die oorbeklemde fenotipe na ‘n funksionele genotipe.

Die Brucella Ovis-veldtog is ingestel, waar ‘n teler slegs skoon gesertifiseerde ramme mag verkoop na twee skoon toetse van al sy ramme op die plaas. Daarna word ‘n skoonsertifikaat aan hom uitgereik wat geldig is vir twee jaar.