Die Withuis Hartenbos 3.55

2 Paardekraal Avenue
Hartenbos,
South Africa

About Die Withuis Hartenbos

Die Withuis Hartenbos Die Withuis Hartenbos is a well known place listed as Travel Company in Hartenbos ,

Contact Details & Working Hours

Details

Withuis Hartenbos

WITHUIS selfsorg akkommodasie is geleë in die gewilde kusdorp Hartenbos op die wêreldbekende Tuinroete, net 8 km van die historiese Mosselbaai en 40 km van George se lughawe. WITHUIS bied bekostigbare akkommodasie vir paartjies en groter groepe van tot 22 mense. Vier eenhede kan twee persone akkommodeer, een eenheid ‘n gesin van vier. Die Withuisie-woonstel bied blyplek vir tot agt mense. WITHUIS is net 'n klipgooi van die strand af, waar mens in die branders kan baljaar, die viswaters toets of ver langs die see kan stap.

Verblyf

Eenhede vir twee tot vier persone
Hierdie eenhede beskik oor ‘n koningingrootte bed, 'n badkamer met 'n stort en 'n volledig toegeruste kombuis (klein yskas, tweeplaat-stofie en mikrogolfoond). Een van die eenhede het ook stapelbeddens wat geskik is vir twee kinders. Skuifdeure lei mens na ‘n stoep met ‘n uitsig oor die tuin. Braaigeriewe is beskikbaar en word deur eenhede gedeel.

Withuisie Woonstel
Withuisie woonstel is 'n ruim luukse selfsorg eenheid langs die WITHUIS en bied akkommodasie vir 8 mense (ses volwassenes en twee kinders). Dit beskik oor 'n oopplan kombuis en leefarea met een slaapkamer onder en twee slaapkamers bo. Skuifdeure lei na ‘n omheinde area met braaigeriewe en buitesitplek. Die slaapkamers is ruim en beskik oor 'n koningingrootte bed en en-suite-badkamer met ‘n stort. Die onderste slaapkamer se badkamer het ‘n bad en ‘n stort. Een van die boonste slaapkamers het ook stapelbeddens geskik vir twee kinders en al die kamers het ingeboude kaste. Die moderne kombuis is ten volle toegerus met 'n mikrogolfoond, stoof, yskas / vrieskas en 'n wasmasjien. ‘n Lekker groot 8-sitplek eetkamertafel sorg dat almal kan saam eet en saam kuier. Die leefarea het gemaklike banke en ‘n TV.

By die Withuis kan jy na ‘n besige dag op die strand heerlik by die braai ontspan, terwyl jy na die sterre kyk en na die see luister.

Fasiliteite
Die Withuis bied een skadu parkering per eenheid op die perseel (twee parkerings by die Withuisie woonstel) en alle beddegoed en handdoeke word voorsien. Bring asseblief u eie strandhanddoeke. Al die eenhede het 'n TV met SABC-kanale en eTV. Geen van die eenhede het ‘n see uitsig nie. Braaigeriewe word deur eenhede gedeel. Let asseblief daarop dat eenhede nie troeteldiervriendelik is nie en rook binne die eenhede nie toegelaat word nie.

Addisionele dienste
Vervoer van en na George lughawe
WiFi

Meer oor Hartenbos
Hartenbos is een van die gewildste vakansiebestemmings in Suid-Afrika. Die ryk kulturele erfenis, idilliese ligging en wye verskeidenheid aktiwiteite vir oud en jonk maak Hartenbos die natuurlike keuse vir ‘n seevakansie. Die nuwe Hartenbos Seefront-kompleks is slegs 'n kort stappie vanaf die WITHUIS en bied 'n pretpark, waterpark en avontuurgolf met ure se vermaak vir oud en jonk; asook restourante, winkels en 'n verhitte binnenshuise swembad.