Diamantveld Hoërskool 3.85

Voortrekkerstraat 2
Kimberley, 8301
South Africa

About Diamantveld Hoërskool

Diamantveld Hoërskool Diamantveld Hoërskool is a well known place listed as School in Kimberley , Public & Government Service in Kimberley ,

Contact Details & Working Hours

Details

Facebook: www.facebook.com/diamantveld.
Alumni blad vir alle oud Diamantvelders (leerlinge, ouers, & personeel)



Geskiedenis sedert 1935

Stigting

Op 28 Januarie 1935 het die Afrikaansmedium Hoërskool met dr. J.F. O’Grady as hoof, vier personeellede en 51 leerlinge begin. Die naam is later na Hoërskool Diamantveld verander.

Die skool het tot stand gekom met die hulp en ondersteuning van ‘n paar pioniers wat Afrikaans as taal tot sy reg wou laat kom. Dr. J.R. Albertyn, mnr. F. van Rensburg, mev. Hendricks, die enigste twee Afrikaanse kerke en mnr. Stander, die Afrikaanssprekende inspekteur, het hulle vir die stigting van ‘n Afrikaanse skool in die hartjie van ‘n Engelse stad beywer.

Daar kan dus met reg gesê word dat die stigting van Hoërskool Diamantveld die begin van die vestiging van die Afrikaanse kultuur in Kimberley was.

Die Afrikaansmedium Hoërskool het op die boonste verdieping van die ou koshuis van die oorspronklike Onderwyskollege van Kimberley (Kimberley Teachers' Training College) begin. Die skool is geleidelik vergroot.

Op 23 Februarie 1968 is die nuwe skoolsaal ingewy. Op Stigtersdag, 28 Januarie 2007, is die skoolsaal na wyle dr. S.M. Cerff, die tweede skoolhoof, vernoem. Sedertdien is die oorspronklike skoolsaal, wat deel van die hoofgebou is, op Stigtersdag, 28 Januarie 2008, na wyle mnr. J.P. Spangenberg, die derde skoolhoof, vernoem. Op Stigtersdag, 28 Januarie 2010, is die hoofgebou na die eerste skoolhoof, wyle dr. J.F. O'Grady, vernoem.

Die saal in die Sport- en Kultuursentrum wat op 29 Augustus 2009 in gebruik geneem is, is na André Markgraaff, oud-leerling (1970 tot 1974) en een van die donateurs, vernoem.

Dit was 'n klein en nederige begin, maar omdat Hoërskool Diamantveld voortdurend getrou gebly het aan sy wortels, het dit baie gou tot een van die bekendste skole in ons land gegroei. Die talle oud-skoliere wat betekenisvolle bydraes in samelewings regoor die wêreld lewer, is lewende getuies van die skool se leuse: A POSSE AD ESSE. Van 'n Moontlikheid tot 'n Werklikheid.

Die geskiedenis het bewys dat moontlikhede werklikhede in die lewe van Diamantvelders word. Die gees en toewyding van personeel en leerders in die uitlewing van die skool se leuse, maak van DHS ‘n unieke skool.

SKOOL:
Skoohoof: Mnr. J.C. du Toit

Adres:
Privaatsak X6061
Kimberley, 8300
of
Voortrekkerstraat 2
Kimberley, 8301

Tel: 053 833 1528/9 & Faks: 053 833 1534

E-pos adres: skoolhoof@diamantveld.co.za
KOSHUIS 1:
Superintendent: Mnr. M.J. Smith

Adres:
Voortrekkerstraat 3
Kimberley, 8301

Tel: 053 831 1664 & Faks: 053 831 1774
KOSHUIS 2: DUGMORE HOUSE:
Superintendent: Mnr. L Victor

Adres:
Memorialweg 42
Kimberley, 8301

Tel: 053 832 2782
Ander e-pos adresse:
Administrasie/sekretaresse: admin@diamantveld.co.za
Finansies: finansies@diamantveld.co.za
Sportkantoor: sport@diamantveld.co.za

Afgetrek op 2011-09-02 met dank van:
http://www.diamantveld.co.za/
© 2011-2012.

---------------------------------------------------------------

Die eens amptelike Diamantveld GROEP van Diamantveld Hoërskool, Kimberley is hier te vinde: http://www.facebook.com/groups/diamantveld/.

Alle oud-, huidige- & toekomstige leerlinge en personeel is welkom om aan te sluit en te deel in die Diamantveld leefwyse. Hier kan ons mekaar op hoogte hou van wat gebeur, wat nou aan die gang is, en ook wat nog gaan gebeur by ons trotse skool.

"Like" ook ons Facebook publieke BLAD hier: http://www.facebook.com/diamantveld

En gaan loer na die skool se amptelike webwerf hier:
http://www.diamantveld.co.za/

Die GROEP is slegs vir DHS alumni. Vir publieke ondersteuning, "like" asb. hierdie DHS BLAD / "fanpage" (sien skakel bo). Ons BLAD is oop vir almal.

Vir alumni: as jy by die GROEP wil aansluit, en reeds 'n versoek gestuur het, maar nog nie toegelaat is nie, is dit moontlik omdat ek nie kan bevestig dat jy wel 'n DHS alumni is nie, so inboks my direk met besonderhede van jou DHS verbintenis, en ek sal op die saak ingaan.

Stuur gerus nuusbrokkies omtrent alles "skool" en "Kimberley" deur aan my @Lizette De Klerk of plaas dit self op ons groep en blad mure.

Diamantveld Hoërskool, Kimberley
Groete,

Lizette De Klerk
Groep Admin
2011-09-02.
2012-06-04.

© 2011-2012. Lizette De Klerk. All rights reserved worldwide. Alle regte voorbehou wêreldwyd.