Ons visie is om soos 'n stad op 'n berg 'n gemeente te wees wat God se liefde aan alle mense reflekteer. Mattheus 5:14-16 is ons gemeente se sleutelvers (as daar so iets kan wees...). Ons dienste is lekker gemaklik en sonder enige voorgee of agendas. Almal is welkom, maak nie saak wat jou agtergrond is nie. Ons dienste is om 9:30 en 18:30.