Charlie Hofmeyr 4.02

5 star(s) from 4 votes
Hoërskool Charlie Hofmeyr, Van Riebeeckstraat
Ceres, 6835
South Africa

About Charlie Hofmeyr

Charlie Hofmeyr Charlie Hofmeyr is a well known place listed as School in Ceres ,

Contact Details & Working Hours

Details

Charlie Hofmeyr is gebou op die grondslag van ‘n Christelike waardesisteem, soos verwoord in die Erekode wat in 1926 opgestel is.

Ons eerbiedig die Allerhoogste en al wat heilig is.
Ons staan by ons ouers deur dik en dun.
Ons strewe is karakter en nie blote kennis nie.
Ons handhaaf ons leuse, Verdraagsaam dog Beslis.
Ons krag is geleë in ons poging tot reinheid.
Ons glo daaraan om werksaam en selfstandig te wees.
Ons verfoei wat oneerlik, onbeleef en gemeen is.
Ons bly trou aan vriende en leer mekaar die goeie.
Ons waardeer en ondersteun ons skoolvereniginge.
Ons bemin ons skool en hou hoog sy tradisies.
(Opgestel deur Matriekklas 1926)





DIE STREWE VAN DIE HOËRSKOOL CHARLIE HOFMEYR IS OM:

God bo alles lief te hê en ons naaste soos onsself.
Getrou te wees aan ons geliefde vaderland, die Republiek van Suid-Afrika.
Dankbaar en lojaal te wees teenoor die gemeenskap van Ceres.
Ons skool te eer en sy goeie naam uit te dra.
Ons vriende te ondersteun en mekaar die goeie te leer.
Onsself gesond te hou na liggaam en gees.
Deur selfopvoeding en die benutting van geleenthede ons volle potensiaal te bereik.


LEUSE
Die skool se leuse VERDRAAGSAAM DOG BESLIS is vertaal vanuit die oorspronklike FORTITER IN RE, SWAVITER IN MODO. Die inhoud en gees van die leuse kan die beste beskryf word deur die woorde WEES STERK IN JOU SAAK MAAR SAG IN JOU MANIER.