Caritas Community Focus 3.14

72 B Lawson Street
Kimberley, 8300
South Africa

About Caritas Community Focus

Contact Details & Working Hours

Details

Die organisasie het ‘n ryke geskiedenis van meer as 120 jaar. Beginnende met die stigting van Kestell Kinderhuis aan die einde van die negentiende eeu. Die organisasie was deur die jare betrokke by die ophef van die behoeftiges, veral die versorging van verwaarloosde kinders. Die organisasie het deur die jare ontwikkel in ‘n maatskaplike werkorganisasie wat nou met die kerk en staat saamgewerk het. Die orgaisasie is onlangs in ‘n maatskappy sonder wins geplaas.

Ons is onvoorwaardelik verbind tot die beginsels van dissipline, deursigtigheid, onafhanklikheid, rekenpligtigheid, verantwoordelikheid en eerlikheid. Die bestuur streef na die uitleef van die kernwaardes van integriteit en ondernemingsgees, tesame met die voorneme om te alle tye die beste belange van die organisasie en sy diensontvangers te soek.

In ‘n land vol wanhoop, geweld en armoede poog Caritas Gemeenskapsfokus om hoop te bring vir ‘n ontwrigte samelewing. Caritas Gemeenskapsfokus streef na die heling van die mens in sy gemeenskap.

In naloop van Jesus Christus dra Caritas Gemeenskapsfokus in liefde by tot die:
• herstel en ontwikkeling van gemeenskappe
• bemagtiging van gesinne
• beskerming en versorging van kinders en ouer persone
• heling deur gespesialiseerde terapie

Ons het ons naam na Caritas Gemeenskapsfokus verander omdat ons ons dienste verskuif na gemeenskapsontwikkeling. Ons poog om met ‘n meer hoop-gewende benadering te fokus op gemeenskapsentiteite waarbinne die moontlikheid van groei, ontwikkeling en selfstandigheid ingebed lê. Ons glo dat die ontwikkeling van kinders die beste kans het om volhoubare verandering in gemeenskappe teweeg te bring. Hierin speel gesonde gesinne ‘n deurslaggewende rol.

By Caritas Gemeenskapsfokus besef ons dat ons in die toekoms tot ʼn groot mate self fondse sal moet genereer om gemeenskapsontwikkelingsprojekte te finansier. Om dit te kan doen moet die organisasie binne homself sodanige programme vestig en op vernuftige wyse uitbou tot dienste waarsonder die samelewing nie kan klaarkom nie. Dienste waarmee ons fondse kan genereer.

Ons werk graag mee aan die heling van die gemeenskappe in Noord-Kaapland en Noordwes. Ons lewer dienste waarmee ons meewerk aan die uitvoering van die Nasionale Ontwikkelingsplan van Suid-Afrika.

Ons Waardes kom uit 1 Korintiërs 13:13 waar die Latynse vertaling liefde vertaal met caritas. Die Afrikaanse vertaling lui: “En nou: geloof, hoop en liefde bly, hierdie drie. En die grootste hiervan is die liefde. Nie geloof of hoop nie maar caritas!

By Caritas ons onsself verbind om in liefde te streef na die heling van die mens in sy gemeenskap.