Volledige selfsorg dubbel Pletthuis in die gewilde Strydomsoord ideaal vir gesinne met kinders want dit is loopafstand van ALLES.
3 Ruim slaapkamers; Kamer 1: dubbelbed; Kamer 2: dubbelbed; Kamer 3: stapelbed. 2 volledige Badkamers; 1 stort en 1 bad. Addisionele ruim buitekamer reg teen aan huis wat 4 mense akkommodeer met volledige badkamer. Asook 'n waskamer met wasmasjien en lyne. Heerlike koelte bome met groot grasperk om die huis en 'n gesellige buite braai. Die opset verleen homself vir 'n uitgebreide gesin of meer as een gesin.
DSTV beskikbaar
Hoofstrand: 600m
Lagoon: 350m
Amfieteater: 50m
Spur, Winkelsentrum en Warm swembad: 800m
Langeberg Mall: 5km
George Internasionale Lughawe: 40km
Hospitaal: 8km
Bring eie handoeke en strand benodighede
Huis is toegerus met 'n koopkrag meter
Tariewe:
1 Desember 2015 - 15 Desember 2015 R1500 pd
16 Desember 2015 - 3 Januarie 2016 (Min 14 dae) R2100 pd
3 Januarie 2016 - 15 Januarie 2016 R1500 pd
Res van die jaar skoolvakansies en langnaweke uitgesluit R500 vir die eerste 6 mense en daarna R100 pp.