AP Kerk Roodepoort 2.27

Corlettrylaan 855 Princess
Roodepoort, Posbus 2210 Wilropark 1731
South Africa

About AP Kerk Roodepoort

AP Kerk Roodepoort AP Kerk Roodepoort is a well known place listed as Religious Organization in Roodepoort ,

Contact Details & Working Hours

Details

Die Afrikaanse Protestantse kerkverband bestaan uit gereformeerde kerke (gemeentes) van Christus wat:

Die Drie-enige God waarlik wil ken en wil dien;
Jesus Christus as Here bely en in Hom as die enigste Middelaar hulle volle redding verwag;
in 'n wêreld wat die mens al meer sien as die norm van sy eie besluite, glo dat die oppermag van God vanuit sy Woord onverskrokke verkondig moet word;
hul kerkwees bou op die Bybel as Woord van God;
hulle roeping daarin vind om God se Woord suiwer te verkondig en hierin staan die uitgangspunte van die reformasie vir hulle sentraal, te wete: Die Woord alleen (Sola Scriptura), Christus alleen (Solus Christus), genade alleen ( Sola Fide);
die volgende belydenisskrifte aanvaar omdat dit in ooreenstemming met God se Woord is: Ekumeniese belydenisse: die Apostoliese Geloofsbelydenis; die Geloofsbelydenis van Nicea en die Geloofsbelydenis van Athanasius. Gereformeerde Belydenisskrifte: die Nederlandse Geloofsbelydenis; die Heidelbergse Kategismus en die Dordtse Leerreëls;
dus in die tradisie van die Hervorming staan;
elk as pilaar en grondslag van die waarheid, mense tot dissipels wil maak van die Drie-enige God en hulle wil leer om alles te onderhou wat die Here sy kerk beveel het