2020 Leierskap. Dr Japie J Breedt 2.32

LUMENROCK 122 Meadestr.
George, 6530
South Africa

About 2020 Leierskap. Dr Japie J Breedt

2020 Leierskap. Dr Japie J Breedt 2020 Leierskap. Dr Japie J Breedt is a well known place listed as Consulting/business Services in George ,

Contact Details & Working Hours

Details

2020 Leierskap

Met die chaos in ons land en dan ook die wêreldekonomie, terrorisme ens. is leierskap seker ook een van ons grootste uitdagings oppad na 2020 en verder.
Die pogings om die Afrikaner en Afrikaans te onderdruk laat my ook regop sit. Daar is geen manier waarop ons net slap kan saamsleep nie. Ek is nie een wat sê: "laat Gods water maar oor Gods akker loop nie". Ek gun elke taal 'n plekkie in die son maar sien geen rede hoekom ons in die skadu moet bly sit nie.
Daar is nie 'n tekort aan leiers - jonger en ouer - in die Afrikanerkorps nie. Daar is dalk wel 'n tekort aan energie, motivering en persoonlike leierskapsontwikkeling.
Hierdie blad en meegaande webtuiste (nog besig) is my bydrae om Suid Afrikaners en ook dan veral Afrikaanssprekende, opkomende leiers te bemagtig.
Ons soek veral na mense wat strewe om te presteer en te lei . Eerder as diegene wat net na eksterne beloning soos erkenning en finansiële voordele soek, praat ek graag met mense wat hou van kreatiewe uitdagings, lief is om te leer, en baie trots is op wie hulle is en wat hulle doen.
Skrywes en kommunikasie sal insluit:
1) Persoonlike groei en selfleierskap.
2) Die ontwikkeling van Emosionele-Inteligensie EI
3) Kontekstuele aanpasbaarheid
4) Verhoudings-Inteligensie VI
5) Hoe om leiers te lei.
6) En veel meer.