FaithEquip 3.96

Van Tuyll van Serooskerkenweg 100
Amsterdam, 1076 JR
Netherlands

About FaithEquip

FaithEquip FaithEquip is a well known place listed as Publisher in Amsterdam ,

Contact Details & Working Hours

Details

FaithEquip is ʼn mediamaatskappy wat gelowiges met relevante hulpbronne inlig, toerus en inspireer. Ons bestaan sedert 2009 en werk aanvanklik vanuit die Wes-Kaap in Bellville, meer onlangs Amsterdam in Noord-Holland, Nederland.

Ons glo daar is een God wat ewig bestaan in drie persone: Vader, Seun en Heilige Gees; dat al drie in gelyke mate oor dieselfde eienskappe, aard, volmaaktheid en karakter van persoonlikheid beskik. God alleen moet aanbid word soos die Skrif ons voorskryf.

Ons glo in die volle godheid van die Here Jesus Christus. Ons glo dat die man Jesus Christus ontvang is van die Heilige Gees en gebore uit die maagd Maria. Hy beskik oor beide ʼn goddelike en menslike natuur, afsonderlik en onvermeng. Jesus Christus was en is sonder sonde, Hy het as die strafbare vervanging vir die sonde van alle mense gesterf en sodoende versoening bewerk vir alle mense, maar dit is slegs van toepassing op diegene wat glo. Hy is begrawe en Hy het op die derde dag opgestaan. Hy het opgevaar na die regterhand van God die Vader, vanwaar Hy nou intree as Hoëpriester vir alle gelowiges.

Ons glo in die persoonlikheid en goddelikheid van die Heilige Gees; Hy is die onfeilbare skrywer en vertolker van die Woord; dat Hy die gelowige in lewe, diens en aanbidding deur Sy gawes oortuig, regenereer, inwoon, bemagtig, onderrig, gelas en lei; dat Hy in hierdie tyd alle gelowiges in een liggaam doop, permanent inwoon en verseël; dat Sy hoofdoel is om van Christus te getuig en Hom te verheerlik.

Ons glo dat die Skrif die geïnspireerde Woord van God is; dat die inspirasie van die oorspronklike skrif volkome en verbaal was en, daarom, dat die ses en sestig boeke van die Bybel onfeilbaar is; dat dit die enigste gesag vir geloof en praktyk is in alle sake waaroor dit praat.

Ons glo dat die mens geskape is na die beeld van God; dat hy deur die sonde gestruikel en geval het en sy geestelike lewe verloor het; dat hy dood is in sy misdade en sonde en dus totaal verdorwe is.

Ons glo dat verlossing algeheel ʼn werk van God se vrye genade is, en nie die werk van die mens in die geheel of gedeeltelik nie, nie as gevolg van die mens se goedheid of godsdienstige seremonies nie; dat dit ʼn gawe of geskenk aan die mens is wat ontvang word deur persoonlike geloof op welke tydstip die geregtigheid van Christus aan die sondaar toegeskryf word, waardeur hy geregverdig word voor God se aangesig.

Ons huldig die doop van gelowiges.

Ons huldig ʼn premillenniale wederkoms van Christus wanneer Hy sy duisendjarige Koninkryk op aarde sal vestig.

http://faithequip.co.za/wie-is-ons/